

Die Hoeksteen
Ons is mense wat glo in Jesus...
-
as die Christus, die Seun van die lewende God (Mat 16:16). Ons leef deur Hom en vir Hom.
-
Ons eredienste bied geleentheid vir lofprysing en aanbidding, met praktiese en opbouende boodskappe, wat in die daaglikse lewe gebruik kan word om te groei in ons verhouding met Jesus.
Ons gee om vir sy mense...
-
as lede van die huisgesin van God (Ef 2:19).
-
Verhouding is vir God belangrik – ons bestaan vir mekaar en om deel te wees van God se huisgesin is ‘n voorreg. Bemoediging en ondersteuning is nie net vir ons om te ontvang nie, maar ook om uit te deel. So dra ons mekaar en gee om vir mekaar.
Ons vertel sy storie...
-
want wie in die Seun van God glo, dra dié getuienis in hulle eie hart (1 Joh 5:10) en konsentreer op dit wat onderlinge eensgesindheid bevorder (Rom 12:16).
-
Ons het ‘n verantwoordelikheid om Jesus se storie te vertel, sodat almal die waarheid oor Hom kan hoor - Hy is lief vir mense.
Ons glo...

...in God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees, as die ewige, drie-enige God.

...in Jesus as die enigste Seun van God en die enigste Weg na die Vader (Joh 14:6).
...in die werking van die Heilige Gees en die vrug van die Gees in die lewe van die gelowige.

...in die Bybel as God se Woord.


...in die doop van gelowiges deur onderdompeling.
...dat Jesus, as Hoof van die kerk, gaan terugkom om sy kerk te kom haal.
Ontmoet ons Leierspan

Clarence & Shelly Roux
Clarence en Shelley Roux is van 2001 voltyds in die bediening, sedert 2008 is hulle in Bethlehem. Hulle het twee kinders: Cameron (23) en Alyssa (19).
Clarence is ‘n geordende pastoor van die AGS van SA, en het sy studies voltooi aan die Auckland Park Teologiese Seminarium, hy dien ook op die direksie van die Familia Dei Netwerk waarvan ons gemeente deel is.
Shelley is in beheer van ons gemeente se Dames bediening, Gasvryheid span, Koskas en Impak.
Sy is ook betrokke by berading en Pastorale sorg

Chris & Sanmari Fourie
Chris en Sanmarí is sedert 2021 voltyds betrokke by die Hoeksteen. Beide is oud-onderwysers. Hulle is 25 jaar getroud en het twee kinders, JJ(21) en Mariné(19).
Chris is mede-leraar by die Hoeksteen. Sy verantwoordelikhede sluit in: die Bybelskool, bedienings en belangegroepe, pastorale berading, weekprogramme en kommunikasie en hy is ook deel van die mediaspan.
Sanmarí is verantwoordelik vir die organisering van geleenthede, estetiese versorging en vir finansiële- en huweliks administrasie.

Annemarie Jacobs
Annemarie Jacobs is van 2009 voltyds betrokke by die Hoeksteen
Sy is in beheer van ons Kinderbediening wat die Kinderkerk op Sondae en die Hoeksteentjies op Woensdae insluit. Sy is ook verantwoordelik vir die algemene gemeente admin.
