Die Hoeksteen
Ons is mense wat glo in Jesus...
-
as die Christus, die Seun van die lewende God (Mat 16:16). Ons leef deur Hom en vir Hom.
-
Ons eredienste bied geleentheid vir lofprysing en aanbidding, met praktiese en opbouende boodskappe, wat in die daaglikse lewe gebruik kan word om te groei in ons verhouding met Jesus.
Ons gee om vir sy mense...
-
as lede van die huisgesin van God (Ef 2:19).
-
Verhouding is vir God belangrik – ons bestaan vir mekaar en om deel te wees van God se huisgesin is ‘n voorreg. Bemoediging en ondersteuning is nie net vir ons om te ontvang nie, maar ook om uit te deel. So dra ons mekaar en gee om vir mekaar.
Ons vertel sy storie...
-
want wie in die Seun van God glo, dra dié getuienis in hulle eie hart (1 Joh 5:10) en konsentreer op dit wat onderlinge eensgesindheid bevorder (Rom 12:16).
-
Ons het ‘n verantwoordelikheid om Jesus se storie te vertel, sodat almal die waarheid oor Hom kan hoor - Hy is lief vir mense.